Bikini-ringeiland Bikini-atol Inheemse naam: Bikini Atoll (Engels) Pikinni (Marshallies) | |
---|---|
Satellietbeeld van die Bikini-atol | |
Geografie
| |
Ligging | Marshalleilande, Oseanië en Stille Oseaan |
Koördinate | 11°35′S 165°23′O / 11.583°S 165.383°O |
Argipel | Mikronesië |
Totale eilande | 23 |
Hoofeilande | Bikini |
Oppervlakte | 799 vk km
|
Administrasie | |
Marshalleilande
| |
Demografie | |
Bevolking | 167
|
Die Bikini-ringeiland is 'n onbewoonde atol of ringeiland in die Stille Oseaan, waar die VSA vroeërjare kernwapens getoets het.[1] Die atol van 2,32 vierkante kilometer is deel van die Marshalleilande in Mikronesië. Dit bestaan uit 36 eilandjies rondom 'n strandmeer (lagune) van 594,2 vierkante kilometer.
Tussen 1946 en 1958 het die Verenigde State eksperimente met atoomwapens hier uitgevoer. Sedert Julie 1946 is meer as 20 waterstof- en atoombomme oor die atol getoets. In 1956 is die Bikini-atol amper totaal deur die eerste lugontploffing van 'n waterstofbom (genaamd Castle Bravo) uitgewis.
Voor hierdie toetse is die plaaslike bevolking na die Rongerik-atol verskuif. Teen die einde van die 1960's en begin van die 1970's keer van die oorspronklike bewoners terug, maar is later weer as gevolg van die hoë radioaktiwiteit verwyder. Die eiland is in 2010 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied verklaar, hoofsaaklik omdat dit as toetsgebied vir kernwapens gebruik is.
Die gelyknamige swemdrag vir vroue, die moderne bikini is in 1946 deur 'n Franse ingenieur Louis Réard ontwerp. Hy het dit na die Bikini-atol vernoem waar kerntoetse in Julie van dieselfde jaar begin is.